July 2011

Strangers

15:07 30 July in Weeskinders
3 Comments

In my room, on top of my dressing table you’ll find a red and green tin. It’s filled with boarding passes of domestic flights I’ve taken during the last few years.  Each piece of paper represents a different day and journey, and more importantly, a different stranger and their story.

I have fond memories of my fellow flyers.

Once I sat next to a Boertjie who married a Russian catalogue bride.  Being a peculiar looking person, he discovered that money paved the way to love and it’s been the heartbeat of his marriage ever since. His chosen wife caters to his every need, and he ensures that she’s a kept woman, warm and safe in sunny SA.  Who cares if she doesn’t really speak English?

Then there was the guy who hurt his leg in an accident as a child, who has been struggling through life ever since. Not only limping physically but also handicapped emotionally as a result of repeatedly asking why, without arriving at any satisfactory answers.

Another time a businessman and I switched iPods and explored each other’s music libraries for the duration of the flight without speaking more than a single word:  “swop?”

And then there’s James, who flew to Cape Town for the first time that day. Desperate to see the ocean after living in Johannesburg for twenty five years. Sadly the itinerary of his business trip didn’t make provision for a beach trip, but he so hoped that something would change to make his dream come true.

It reads like fiction, but it’s not.  You wouldn’t think that people would open up to a stranger, or that such interesting characters would be so common. But they are. People are desperate to be heard, we’re just not taking time to listen anymore.

When I strike up conversations with strangers they tend to be secretive, and even suspicious at first.  However, I’ve discovered that if I keep on going, genuinely asking and genuinely listening, sooner or later they’ll volunteer information and reveal emotions that they never would have imagined admitting to a stranger.

People are truly fascinating. It’s just that we’re not fascinated enough with strangers, and who they might be, to push past the initial awkwardness of getting to know them and discover their stories.  If you start off with the intention to really listen, you’ll be surprised at the impact of your words when you do decide to speak.

God created the entire universe through speaking it into being, but I have a suspicion that it might just be our  moments of silence that will  reveal the most fascinating, breathtaking landscapes of our earth-bound lives.

Om te onthou

05:11 21 July in Weeskinders
2 Comments

Ek stap by die kantoor uit na ‘n wrede Woensdag. Die soort dag wat jy so gou as moontlik so ver as moontlik agter jou wil sit.

Ek klim in my huurmotor, gespe vas, draai die sleutel, en niks. Geen liggie, geen geluid en absoluut geen reaksie. Dis donker, dis winter, en Avis antwoord nie hulle hulplyn nie. Ek bly rustig, en gesels tussendeur met die Here: “Dad, ek weet U gaan help, maak asseblief ‘n plan.”

‘n Oom stap nader, kommandeer ‘n span manne op en hulle probeer die kar aan die brand stoot.  Hy stap Game toe om “jumper” kabels te koop maar hulle deure is reeds toe. Ons vind uiteindelik ander kabels,  maar dit maak absoluut geen indruk op my motor se masjienwerke nie.  Niks, niks, niks. Drie probeerslae en ek is uit.

Uit ‘ n ryding uit, uit asem uit, en nou ook uit planne uit.

“Ek woon in die dorp langs joune, en moet in elk geval daar verby ry oppad huis toe. Ek sal jou gaan aflaai,”sê die oom. My blyplek is drie dorpe verder, so stap is nie ‘n opsie nie.  Ek registreer rustigheid in my hart dat hy die antwoord op my gebed is, los die dooie kar oornag in die parkeer area, en klim by hom in.

Ons raak aan die gesels en sy storie ontvou. ‘n Hardwerkende pa met vier dogters, en na ‘n tragiese ongeluk laas jaar is hulle ‘n gesin minus ‘n mamma. My hart gaan uit na die man wat in die middel van sy eie seer lank genoeg in ‘n parkeer area stil kon staan om die nood van ‘n vreemdeling raak te sien.

“Here, hoe sê ek dankie? “vra ek benoud. “Woorde is nie naastenby genoeg nie, en ek kan nie vir hom geld aanbied nie, maar die dankbaarheid in my binneste is te swaar om deur die klein gaatjie tussen my lippe uit te lek.  Help my asseblief om dit uit te kry! “

‘n Driekwartuur later stop ons by my gastehuis.  “Baie baie dankie ” hoor ek myself vir die soveelste keer sê, maar steeds voel dit nie genoeg nie. Hy groet vriendelik, klim in sy kar en begin stadig weg te ry. “Wag!” skreeu ek skielik en gryp sy arm deur die venster. “Kan ek asseblief vir jou bid?” Ja, antwoord hy sag.

En ek bid. Ek bid asof hy die laaste mens is vir wie ek ooit gaan bid.  Raak sommer aan die huil, en vra my Pappa God om asseblief vir die oom so goed te wees soos wat hy vir my was. Om in sy elke behoefte te voorsien en hom te help waar hy hulp kort.

Later die aand lê ek en wonder waarom die hele situasie my so diep geraak het. Hoekom wou ek so graag hê dat God my gebed vir hierdie vreemdeling moes verhoor? “Want hy’t jou gered uit ‘n situasie waar jy nie self kon uitkom nie, en jy was opreg dankbaar” antwoord die klein stemmetjie in my.

Na vanaand het ek ‘n nuwe gebed. “Here help my om te onthou wat U vir my gedoen het, en om regtig dankbaar te bly. Nie net met my kop nie, maar met my hele hart en my hele siel. Amen.”

Oorlogstories

11:03 06 July in Weeskinders
3 Comments

Ek is nou al vir ‘n halwe jaar lank in die hartjie van ‘n moeilike situasie wat net nie wil weggaan nie. Nie die “ek-het-my-toon-seer-gestamp” tipe probleem nie, maar eerder ‘n “daar-val-elke-dag-een-van-my-vingers-af” kaliber situasie. Ernstig, aanhoudend, en moontlik lewensgevaarlik.  En vir eens oordryf ek nie. 

Aanvanklik het ek gelag daaroor, die snaakse kant raakgesien en die swaar misgekyk.  Na ‘n paar maande het dit minder snaaks geraak en het die suur kant van my weegskaal meer en meer begin skeeftrek. Nou raak dit ietwat belaglik en die wanbalans in die skaal is so swaar ek vermoed die lading het my weeg-bak in ‘n weeg-bord verander. Ek is op meer as een manier behoorlik met die grond gelyk gemaak. 

So ry ek vanoggend rond en praat met myself hieroor. (Soos ‘n skoolkind wat wiskunde tafels opsê vind ek dit soms terapeuties om myself te herinner aan die dinge wat ek weet.)

Tydens my gebabbel herinner ek myself toe dat ek al ‘n paar moeilike dinge deur is en dat hierdie oor ‘n paar maande net nog iets op die oorlewings lysie sal wees. My ouers se egskeiding, mamma se borskanker, die ander skeisake. Elke man wat al ooit my hart gebreek het, twee dierbare vriendinne wat binne maande albei skielik oorlede is. Soos oorlogstrepe op ‘n kryger se wang dra ek die stories vir altyd met my saam.

Terwyl ek daaraan teruggedink het, het ek weer klein oomblikke uit elke oorlog herleef. Bang, benoud, bitter. Kwaad vir mense, kwaad vir myself, kwaad vir God. Verward, verwilderd, verinneweer. Maar een ding staan soos ‘n paal bo water in elke storie.  

Al was dit hoe lank of lelik, mal of moeilik, ek’t oorleef en ek’s steeds hier om die storie te vertel. God was groter, en God bly goed. Hy’t my deurgedra, deurgesleep, deurgepraat, en deurgestoot. En uiteindelik, deur dit alles het een ding tot my diepste deurgedring.  

Al vat Hy nie altyd die situasies weg nie, belowe Hy dat ek nooit alleen daardeur hoef te gaan nie. Hy is groter, en Hy is genoeg.