September 2011

Halftyd

10:29 25 September in Rym
0 Comments

Ek wil myself

soos ‘n lemoen kom uitdop

dat die binne

buite sit

my kop, my hart, my vrese

en als wat ek aanbid

 

geen wegsteek,skuil of voorgee

wat vals agendas dien

net ek en al my dinge

vir almal om te sien

 

maar lemoene

met mense bene

is vreemde vreemde goed

die wêreld sal my opeet

(of dis wat ek vermoed)

Wiskunde

13:15 16 September in Rym
2 Comments

Soos Lot se vrou wou terugkyk

en Gideon wou vrees

nes Sara moed wou opgee

en Ester skaam wou wees

 

sien ek vandag my swakheid

proe ek vandag my bang

‘n kleintyd Siem-bam-baba

met Gogga wat wil vang!

 

maar Dawid wat vyf klippies

Moses gryp sy staf

Maria kry ‘n baba

Jesaja  hou hom laf

 

en God kom kry die glorie

God kom kry die eer

ons is almal klein bang mensies

maar Hy kom maak ons meer.