August 2012

Perspektief

13:09 24 August in Rym
0 Comments

Perspektief is ‘n dorp

met dowwe grense

kronkel strate

en regop mense

die burgermeester

loop kaalvoet rond

die grond is hard

maar steeds gesond

 

Perspektief se huise

is bont geverf

met ‘n hond en kind

op elke werf

daar’s biblioteke

geheime gate

en die bome bars

met rooi granate

 

Perspektief se kerk

is ‘n sonneblomveld

waar massas mense

aan kom meld

vir saad

vir olie

vir buite speel

vir hardop huil

en  stories deel

 

Perspektief se ligging

is weggesteek

die wêreld soek

word naar en bleek

almal bespiegel

waar die dorp dan lê

vele wonder

min kan sê

 

Die Pous glo dis in Rome

my pa dink op ‘n plaas

party vermoed

(en ek glo hul goed)

in ‘n ruigte sonder raas

ander skryf dit bestaan nie

dis ‘n uitgedinkte plek

of  ‘n wonderwerk op wiele

wat heeltyd rond kan trek

 

Die waarheid is eenvoudig:

jy weet as jy binne is

daar’s lig en lag en lekkerte

en soete, diepe rus.

Frustration

14:20 15 August in Rhyme
0 Comments

Hurricane Katrina

on a shiny sunny day

a hundred thousand children

and not one place to play

 

the perfect phrase of poetry

no pen or recollection

a mail to send at deadline’s dawn

with a 3G disconnection

 

Crystal thoughts

in a foggy mouth

destined north

but heading south

 

lost in Spain

with a German tongue

needing three

but having one.