November 2012

Huismoles

11:56 16 November in Rym
4 Comments

Liggeraak

en Min -getraak

het teen alle raad getrou

hy ‘n millitante man

en sy ‘n fladder vrou

meneer hou streng by lysies

mevrou is impulsief

hy blaf kort bevele uit

en sy vra asseblief

 

Liggeraak

en Min-getraak

kry teen alle raad toe kinders

party soldate soos hul pa

en ander ma se vlinders

die oorlog woed aanhoudend

die grondgebied word rooi

wyl ma en pa

teen alle raad

nog petrol op bly gooi

 

Liggeraak

en Min-getraak

vat teen alle raad toe kant

versterkings stroom die grenslyn oor

die nasie bloei en brand

Liggeraak

en Min-getraak

staar verwonderd na hul kroos:

“boeta jy’s ‘n bliksem-kind”

“sussa jy’s ‘n roos!”

Celebration

13:50 09 November in Weeskinders
0 Comments

When we hear of your victory

we’ll lift more than our glasses

for hands are too short

and gestures too shy

to grip the cup we’ll hold

 

when we hear of your victory

we’ll lift more than our voices

for sounds are too vague

and words too weak

to share what we’ll be told

 

No

to the moon and stars

and every coming galaxy

a clear

resounding

no

 

when we hear of your victory

we

will lift

our HEARTS

hoisted flags

on masts of madness

setting hungry skies alight

fearless flaring

flint- faced torches

in the midst

of a pitch black night.

‘n Anglisistiese storie (vir Kobie)

13:24 06 November in Rym
2 Comments

Dit was ‘n onfortuinlike insident

toe ‘n sekere meneer

by ‘n rugby braai

in Mosselbaai

overindulgeer

 

maar ‘n week

en twee dae later

het konviksie hom bekruip

en hy roep met konfidansie

‘n harde noodkreet uit

 

kreasie hoor sy hulproep

stuur ‘n man om hom te steun

wat preek en praat

bedien met raad

salwasie kom verleen

 

hy rejekteer die druppels

het ‘n nuwe vokasie nou :

 “eks  ‘n  droë man

met ‘n reguit rug

wat ‘n bottel weg kan hou”

 

die geflabbergastreerde skare

sou dit nimmer nooit kon raai

dat so ‘n saak

op hierdie dag

in woorde uit kon draai …