Hierdie dag het my gebuig
soos ‘n roadhouse strootjie
en ek’s moontlik nou selfs meer
getik van lootjie
die dag het my kom ruk
soos ‘n kermis-bul
werkslading: neentig
mia: nul
(>> verbeel jou ‘n prentjie waar ek onder ‘n kombers wegkruip en my duim suig)
My sleutels
bril
my foon
my belt
my skoene
sak
kredietkaart
geld
nounet gesien
alreeds weer weg
ek maak my mal
ek sê my sleg
want eish man
eish man
eish!
dis ‘n ding
wat duidelik wys:
teen hierdie trant
gaan ek kop verloor
en moontlik jare
soek daarvoor.
Daars ‘n spiderman suit
in jou Ford se boot
en jou snor bespring jou wange
met jou visnet vrokkies
katrol jy bokkies
na jou pecks se sweetkloof hange
drink bier soos ‘n baas
en jou speakers raas
want jy’s basically- bevange!