Cardiology
Risk and reward
is a two sided sword
that could maim
or set you free
when the sharpest side
and your choice collides
it’s switchblade surgery.
Sy werksgesig was slim
sy werksgesig was sterk
sy werksgesig moes fokus
want ‘n werksgesig moet werk
sy huisgesig was kaalvoet
sy huisgesig was kind
sy huisgesig was hoopvol
soos ‘n veldbrand in die wind
maar sy hartsgesig was strak
sy hartsgesig was skeel
sy hartsgesig se hande
was heeltyd om sy keel
want ‘n man met drie gesigte
word êrens uitgevang
en die voorbode van vonnis
het hom daagliks opgehang.
i-
Kom giet in my
‘n gewortelde gewete
wat sterker strek
as my vinnig vergete
lekkerbek
ii-
Kom bloei in my
‘n uitbarsblom
wat voel
en ruik
en lyk
na Hom
iii-
Kom stap deur my
tot die paadjies sit
van dag
na dag
se buig en bid
By ‘n landbouskou in Britz
het ‘n boer se oë geflits
want die skaap wou lê
toe die skaap moes pronk
nou’s die skaap ‘n tjop
langs ‘n mieliestronk
by dieselfde skou, om tien
het ‘n vrou die spul gesien
en die boer verkla
van diere haat
toe’s haar rug gebreek
met ‘n ysterplaat
sedert daardie landbou skou
sou die wêreld wel onthou
om stil te staan
en stil te bly
as ‘n boer en skaap
ooit stry sou kry.
Die veldbrand
aan die voorkant
van jou spaarvarkie se werf
het die buffels
in jou beursie
van hongersnood laat sterf
ter bewaring van die spesie
ter gedagtenis aan geld
moet jy voortaan by die brandweer
van winskopies aanmeld.