Die by het benoud
teen die venster gesit
gezoem
gesmeek
gehoop
gebid
dat die vreemde versperring
die koud teen sy lyf
genadiglik
weer weg sou skuif
die by het gehyg
die by het probeer
om die stilte
die sterkte
se aanslag te keer
die vloer wou nie kraak nie
die vyand se mag
was meer as die som
van byekrag
die by het verstaan
die weerstand is sterk
weereens begin
en harder gewerk
gesoek
geskreeu
geskarrel
gepleit
vir ontsnapping van
sy hellestryd
die by het besef
hy’t alles probeer
‘n onsigbare oorlog
triomfeer
die vloer kan nie skuif nie
die vyand se hand
weeg swaarder in
as byeverstand
toe stap ek verby
en maak dit oop
sommer so in die verbyloop.
Without peer
without price
a petri dish of human vice
beyond complex
beyond compare
our microscopes will stop
will stare
so vast
so frail
so mighty
exuberance displayed
let all mankind tred lightly
on what
we have
not made.
‘n Vyeboom
se blare wys
dat vrugte daarin groei
‘n Vyeboom
se takke wys
dis tyd om eers te snoei
party van ons dra blare
maar die vrugte skiet nog kort
dis tyd dat ons
in elke sin
weer vyebome word.
Ek het menigmaal
gewonder
“Met ‘n knippie sout
of sonder?”
maar vandag toe jy sê
jy’t ‘n driekamp gewen
(en ek weet verseker
die man kan skaars swem)
het ek heimlik besluit
om jou Seestroom te noem:
‘n Mens kan verdrink
in als wat jy doen.