My ouma
was dramaties
‘n vreemde vreemde vrou
het die wêreld en sy wesens
op tippie-toon gehou
op ‘n dag roep sy haar dogter:
“Kom Elsjé, kyk nou mooi
wees versigtig vir dié bedding
ek het saadjies ingegooi”
my ma belowe plegtig
haar boetie stem ook in
sal wegbly van die blomtuin
en baie mooi besin
so twee dae na hul woorde
so twee dae na haar sê
trek ‘n stofstreep deur die bedding
dat die saadjies doeikant lê
die kinders lag baldadig
beloftes ver vergeet
wat ouma toe sou oproep
tot hul blinkbenoude sweet
my ouma was oorspronklik
‘n eksentrieke vrou
wat haar kinders en hul kronkels
in fyn gelid kon hou
sy vat my ma se teestel
sy vat my oom se pop
pak dit netjies op die stoeptrap
en breek dit – tot hul skok
my ouma was dramaties
ek sê mos dit is so!
dalk sal hierdie staaltjie help
om my dadelik te glo.