December 2014

Onbepaald

10:58 27 December in Rym
0 Comments

Staan ‘n wipplank in die park
staan twee lyfies wat wil ry
Verwagting en Ontnugtering
die teenpole in my

Sit ‘n witkop met haar kekkel
sit ‘n swartkop met sy kreun
wat beurtelings
die swaarste weeg
momentum bly verleen

aan die heen-en-weer
die speletjie
van soek
na vind
of val

Weet die ritme laat my seesiek
weet die speelgrond maak my mal.

Beyond

14:57 07 December in Rhyme
1 Comment

Love
is too much
of a la-la word
so I’m not
gonna point it at you

still I write
I yearn
for a spark
a term
that will translate
what is true

I’ve brought many words
to many things
but to you
I will give
my silence

to you alone
THIS space:

beyond
my tongue
just a fool
undone
in the fullness
of Your face.

Stuiptrekkings

08:30 04 December in Rym
1 Comment

Gaan ons mekaar
dan miskyk
deur gedeelde tafels en tyd
gesels oor die weer
hiberneer
en ontwaak in ou verwyt

gaan ons mekaar
dan mergel
met die waarheid
wat ons weerhou
leef met die skrik
die stom en die stik
as die nasmaak nagmaal hou

sal ons mekaar
vergewe?
as ons mekaar
verwoes?
of is die bitter
van ons beker
hierdie keuse
om te koes?

Tremble

07:25 01 December in Rhyme
1 Comment

When I say that God is good
I’m not pointing
to my blessings
I’m referring to
the fact
that I
can
breathe

the outside
the everything
still roars above my anything
rendering
me breathless
to believe

that He
is the maker
of miracles

that He
is the inbetween

the search
the find
and the tremble

the towering Unseen.