Kettingbotsing
‘n Trok
twee busse
‘n bakkie
en ‘n Uno
hetuitgeswaaivirdiekansvatterBruno.
Ek het vandag ‘n vark
met hondsdolheid gesoen
sou werklikwaar wou koes
maar die prys was tien miljoen
nou stoot ek wel my beursie
met ‘n goue kruiwa rond
maar die mense spat in sirkels:
“Die vroumens ruik na strond!”
Wekkerklokker teen my kop
sonkrag lig die hemel op
katskreeu padlangs na kombuis
‘n nuwe dag, dieselfde huis
oefenklere aangespan
sweetloopstrepe lek
dagsê aan die hoër man
foondier brom sy bek
lysiesskrywend taakgerig
die opvolg-aanhelp-dans
die bedelmaag sluip stadig in
verskeur sy honger kans
dis ‘n nuwe dag in dieselfde huis
elke kamer reeds beset
werkend slapend speel ontwakend
voorspelbare verset
pak die kamers vol en voller
weeg die uurglas uit en in
dan bad en bid en bedlangs na
die sagte uitroepsin
maar more wag ‘n landmyn
wat die dak en drumpel skeur
jou oë skiet die dag oop
kyk!
die fyntrap woed alweer.
Ek droom van wolkwit vrede
vry van verwagting
verlede
‘n verlossingsvlag in ‘n hoopvolle wind
die eenvoud en slaap van ‘n kind
ek droom van ‘n vlegsel stilte
fyn rangskik
om my hart gevou
ek droom van ‘n dag sonder jou.
Toe jou moed soos ‘n stoombol weggedamp het
en jou kwaad daai klippe dóód wou kap
die beloofde land van jou hand weerhou is
en jy sleepvoet hangoog weg moes stap.
Moses, toe jou mense die woestyn gestreep het
Moses, toe die kalf in die oopdag blink
Moses, toe jy sonder hande
God se beker uit moes skink.
Het jy onthou hoe die rooisee oopgetrek het?
Het jy steeds Sy hand teen jou rug gevoel,
toe die menslike onmoontlikheid
soos ‘n soutbad oor jou wonde spoel?
He was a prophet
she was a spy
he knew all things
she lived a lie
they found a plot
they pitched a tent:
“Tomorrow and the truth for rent.”
the people came
their futures told
all secrets shared
beware, behold!
the coming days
the hidden things
your joys and hopes
your sufferings
but prophets live to tell the truth
and spies will die to hide it
with tick of time
despite the rhyme
their tongue became divided
he prayed to God
she phoned the state
“forgive-forget”
“manipulate!”
the spotlight fell
so clear to see
their future’s fading harmony
because he was still
a prophet
because she was still
a spy
and the heart of truth
should share a voice
or its living is
a lie.
This
is not
a dance my dear
(there’s just music in the room)
so step aside
and don’t be shocked
if my feet seem out of tune
this
is not a party dress
and that
just ain’t my jam
you are mister Gustav Holst
and I be Will-I-Am.
Jy dra jou lyf
soos ‘n medalje:
die wêreld
moet wéét
moet kyk
hoe ‘n wenner hier op aarde
op sy blinkste beste lyk
jy dra jou stories
as serpe:
die mense moet snak
moet sug
as jou helder avonture
hulle vaalheid kom verlig
maar jy hurk jou hart
nes ‘n geboortevlek:
die vonnis
die vuil
die fout
bruingebrand is mode
maar jou vel bly rooi
bly koud.
As die son sy slaaptyd wimpers
kom knip-knip oor die dag
en die laaste spatsels wolke
in gouestroop versag
as die maan se silwer skadu
ontwaak in botterblink
en die laaste van die landskap
by kerslig uit kom skink
voel die wêreld hoopvol
heilig
vind ek stilte en verdwyn
staan my kopwerk stil
vergete
lyk my krake koddig klein.