Verligting
Ek merk ligte wat
die donker strem
in ons strate
in ons wees
met ongekende oorgawe
teen die duister
teen die vrees
Party is hoopvol helder
party is flikkerflou
pogings tot verskittering
wat die blindheid buite hou
Ek merk ligte
selfs,
in die rooi distrik
wat ons siele swaarheid
weg bly ruk
as opgewekte gloeilampstreep
die swart verflits in weerlig-reep
Ek merk ligte wat
met sonheid straal:
vergeelde grootheidskrag
lewensgewend helderheid
teen die niksheid van die nag
Ja,
die donkerte
is welbekend
laat ons strompel-stappend
siggestremd
maar die lig se stryd
woed ewig voort
enig in sy hart,
sy hoort
En ek sien
die Lig-geraaktes
wat die swartheid weg kom keer
‘n bastion verheldering
wat die donker bly besweer
en ek voel die laatnag uitbloei
want ek sien ‘n oopdag breek
as my meester in sy stralendheid
al die swartheid
stukkend
steek.