Opmerklik
Is dit net ek, of lyk die meeste van die mense in Kaapstad of hulle drie dae terug gebad het, en moonlik glo dat wasmasjiene tuberkulose aanhelp?
(Nie dat ek noodweendig téén min bad is nie, maar dan moet jy minstens opgewonde daaroor wees en nie vuil én verveeld oorkom nie. Of hoe?)
Is dit net ek, of lyk die meeste van die jongmense in Kaapstad presies dieselfde met hulle verwese klere, dikraambrille en iPhone-oorfoonbelle onder vaalgroen beanies?
(Nie dat ek noodweendig téén dowwe klere, dikraambrille, iPhone gebruikers of vaalgroen beanies is nie, maar dan moet dit ten minste winter wees en jy arm, bysiende of in gesprek wees. Of hoe?)
“Is dit net ek wat sien, of is daar nog van ons?” is die vraag wat vandag deur my kopwerk gons.