Berekening
18:50 13 September
in Rym
My gebrekkige verstaan
van liefde
van lewe
die gewigtigheid
van ‘n godgegewe
mense-gawe om keuses te maak
hom te vind
te dien
te versaak
‘n Grootste glo:
voorsiening vooruit
verby verstaan
of menslikheid
alles-oorheersend
hartklop gereeld
pappa voorsiening
onverdeeld.