Ballade vir ‘n bruistablet ( die oplosbare mens)

16:04 03 May in Rym
0 Comments

Jy het jouself so opgevou

so klein en bymekaargehou

jou stem en stempel uit laat blus

jou skaterlag

jou lewenslus

 

Jy het jou kyk verwater

jou krities-dink verloën

jou vraagtekens verkrummel

jou selfbestaan verskroom

 

ter wille van aanvaarding

maar ten koste van jou wees

net die leegheid in jou oë

wat as riller-storie lees.

 

Volgende Inskrywing
Vorige Inskrywing
Mia Smit

Mia Smit

meerkatkind@gmail.com
No Comments

Post A Comment