OP PAD

‘n Boek wat onverwagte verrassings bevat in die vorm van lighartige rympies en terselfdertyd dieper saadjies in die leser se hart plant.

Hierdie saadjies dien as ‘n spieëlbeeld wat spelerige hoop vir die leser se geestelike, vleeslike en wêreldse aanskouings reflekteer en hom aanmoedig om die lewe meer vrylik aan te pak.

Op Pad is meer as net ‘n boek. Dis ‘n geskenk wat harte wakker maak om hul drome na te streef, om in vryheid te lewe en om te lag.

VIR AANLYN AANKOPE, MET GRATIS AFLEWERING IN STELLENBOSCH AREA

Aanlyn aankope prys @ R200.00, indien ek jou boek in Stellenbosch aflewer, of jy dit by my optel.

Stuur vir my ‘n e-pos indien jy navraag wil doen oor pos-aflewering opsies, en verwante pryse.

Vul jou besonderhede aanlyn in:
 


Naam en Van


E-pos adres


Foonnommer


Hoeveelheid boeke benodig


Pos adres


Datum van EFT inbetaling

Doen ‘n EFT. Gebruik jou voorletters en van as verwysing van betaling :

FNB, Stellenbosch
M.J. Smit
Takkode 200610
Tjekrekening 62451652484

Sodra die geld in my rekening reflekteer kontak ek jou om verdere reëlings te tref.

DIE STORIE AGTER DIE BOEKSTORIE

Ek het altyd gehoop om ‘n jaar voor my dood wonderbaarlik te weet dat dit nou tyd is om ‘n bundel skrywes vir my nageslag neer te pen. My kop sou in vrede kon rus met die wete dat daar iets van my binnekant op aarde sou oorbly. Eendag.

In 2013 begin ek hard te dink oor die spoor van my lewe. Waarheen is ek op pad? Is dit tyd om my stasies en roetes te heroorweeg? Die Dink het mettertyd harder en meer helder geword en teen vroeg 2014 het dit in ‘n Doen gemetamorfeer. Ek bedank en verruil die veiligheid en voorspelbaarheid van ‘n ou roete vir die onbekendheid en onmoontlikheid van ‘n nuwe een.

Minwetend.

Dat my nuutgevonde drif en drang oornag tot ‘n swangerskap sou lei, en ek nege maande later my boek-baba in die oë sou kyk. Nie meer eendag nie, maar nou. Skrikwekkend gou.

Aanvanklik was daar die naarheid: “Is jy mal, Mia? Jy skryf dalk ‘n boek wat niemand wil lees nie!” Gevolg deur die swaarheid: “Dis ‘n groot finansiële risiko en verantwoordelikheid… het jy mooi hieroor gedink?

Dankie tog vir die groter, sterker Stem wat my bewe en bang elke maal uitgedoof het.

Nes my bedanking uit die korporatiewe wêreld die herposisionering van my beroepsvoete was, moes ek soortgelyke skuiwe aan my binnekant maak. Om te probeer, al was ek bang. Om aan te hou, al was ek soms moeg. Want hierdie kindjie moes teen alle koste die lewenslig sien, en die Here het my heeltyd herinner dat Hy hier is om te help. Sonder ophou of moegword, sonder kop skud of kla. ‘n Getroue helper, ‘n goeie Pa.

“Hierdie is nie net jou saad en jou kind nie, dis Myne ook. Ons sal die kleinding groot kry. Vertrou My.”

En met elke hardkoppige probeerslag het ek opnuut gesien hoe voorsiening, soos manna, uit die niet kan manifesteer. Ek bring my beste en lê dit neer. God kom maak dit meer.

Na my ontdekking dat ek nie ‘n Suid Afrikaanse drukker kon bekostig nie, vind ek myself twee weke later in Hong Kong. Wanneer die beplande kraamsaal nie meer ‘n opsie is nie, gee jy geboorte in ‘n stort as dit moet! Die wonder van lewe is soveel groter as die netjies beplande mure waarbinne ons glo die geboorte moet gebeur.

Vandag lê ek my hartskind trots voor julle neer as die eerste vrugte van my nuwe seisoen. Wonderlik soet, vol avontuur en ontdekking. Daar is ‘n hoop in my hart dat haar kreukel gesiggie en snaakse geskree jou aan jou eie onontkiemde saadjies sal herinner. Dat jy jou spesfieke storie voluit en vreesloos sal leef, die Een wat avontuur bring sal saamnooi, en ware vryheid op pad sal leer ken.

Waarheen jy dan op pad is
waarna jou hart dan buig
ek bid dat jy sal jubel
ek hoop dat jy sal juig

Met dankbaarheid en ‘n vol hart.

 

BOEKBEKENDSTELLING INFO

STELLENBOSCH

Vrydag 21 November
18h30 vir 19h00
Schoon de Companje
Stellenbosch

 *slegs per uitnodiging