14:57 04 February
in Rym
Aan die bokant dobber boeie rond
op die bokant skiets die son
teen die bokant streep die buitelyn
van blou lug teen beton
op die bokant is ons blinklyf
ooglopend staan ons sterk
maar die bokant bly ‘n duikdop
vir sagte binnewerk.
No Comments