Driekuns

10:12 19 November in Rym
2 Comments

Sy werksgesig was slim
sy werksgesig was sterk
sy werksgesig moes fokus
want ‘n werksgesig moet werk

sy huisgesig was kaalvoet
sy huisgesig was kind
sy huisgesig was hoopvol
soos ‘n veldbrand in die wind

maar sy hartsgesig was strak
sy hartsgesig was skeel
sy hartsgesig se hande
was heeltyd om sy keel

want ‘n man met drie gesigte
word êrens uitgevang
en die voorbode van vonnis
het hom daagliks opgehang.

Volgende Inskrywing
Vorige Inskrywing
Mia Smit

Mia Smit

meerkatkind@gmail.com
2 Comments
  • ilse golden 15:18h, 19 November Reply

    Mia, jy verras my net keer op keer!
    Well done – en altyd iets om oor na te dink…

  • Hielienie 20:33h, 20 November Reply

    Wow – hierdie ene het my voor die bors getref

Post A Comment