09:57 01 December
in Rym
Die skerp stukkies in die lewe:
die ongemaklike
die skewe
die snotsnik huil
die beenmurg moeg
die fokken-orit opgee sloeg
‘n Swaarkry seisoen
‘n uitplant aksie
vuilbek vloekend
hart in traksie
as oorlewings asem
hortend hyg
en moedhou denke
styflip swyg
Volgende keer
as jou winter blom
jou kromrug knak
jou miskraam kom
volgende keer
kan jy tog wel weet:
jy’t al skerper storms deurgesweet.
So glad these are arriving in my inbox again. mwah.
Sjoe maki! Baie goed! Nes jy kan! Love jou