Alles laat ‘n merk
slegs die vingerwerk verskil
die skaafsels van die siel
weerworstel van die wil
die balsem van vergifnis
genesing van vergeet
die bitterbrand van vlak verstand
die wonderwerk van weet
alles laat ‘n merk
soms soos sny en soms soos soen:
fyntjies met jou mond
steeds fyner met jou doen.
liefdit!!!