Moses

09:44 20 January in Rym
2 Comments

Toe jou moed soos ‘n stoombol weggedamp het
en jou kwaad daai klippe dóód wou kap
die beloofde land van jou hand weerhou is
en jy sleepvoet hangoog weg moes stap.

Moses, toe jou mense die woestyn gestreep het
Moses, toe die kalf in die oopdag blink
Moses, toe jy sonder hande
God se beker uit moes skink.

Het jy onthou hoe die rooisee oopgetrek het?
Het jy steeds Sy hand teen jou rug gevoel,
toe die menslike onmoontlikheid
soos ‘n soutbad oor jou wonde spoel?

Volgende Inskrywing
Vorige Inskrywing
Mia Smit

Mia Smit

meerkatkind@gmail.com
2 Comments
  • Anonymous 18:24h, 20 January Reply

    Roer ‘n snaar in jou gewete. So maklik om die genadegawes en wonderwerke mis te kyk!

  • ilse golden 21:43h, 20 January Reply

    Oooo, ek lief Moses se skrywe, shu! En dankie!

Post A Comment