10:09 27 August
in Rym
Mag dit reën
mag dit reën
waar jou beeste loop
mag die rooikat sterf
voor hy skape stroop
mag die wind
en jou pompe
daagliks dans
mag daar rus
mag daar rus
op jou werf wees saans.
Wat van die mating call van die katte buite…:)
Help ons almal!
Bekoorlik
Dis pragtig, baie dankie! Ek dink ek gaan dit teen my yskas opplak..
Baie dankie! Mag dit waar wees oor jou wêreld ook.
Soooo mooi!