Dit was nie idillies of romanties toe ons ons huweliksherdenking in verskillende lande spandeer het nie
ons het geen filter-fotos van die aand toe ons seun in die hospitaal opgeneem is en ons hom tot in die ounag
moes platdruk en medisyne bly ingee het nie
die vuil wasgoed en skottelgoed en leë bokse en speelgoed en rekenaar en selfoonkabel en biblioteek-kaart
in ons kombuis is glad nie kunstig óf keurig gerangskik nie
jou enigste werksbroek met die klein skeurtjie op die boud, en my heeltyd-jeans, halfskoon-tekkies en truie
sal geen Pinterest bord of mode-blog haal nie
Maar jy het my daai oggend op pad Switserland toe gesoen en gesê jy gaan my mis
en ek het jou geglo
en toe ons kleinman uiteindelik ontslaan word en ons op ‘n suurkots matras sonder beddegoed moes slaap
was ons albei so dankbaar en verlig
die naweek gaan ek hopelik tyd kry om weer huis skoon te maak
en dan lyk die kombuis weer stukke beter
daarna moet ons asseblief winkel toe gaan
om vir jou ‘n nuwe broek te soek, en skoene ook nou dat ek daaraan dink
Want jy is my man
en ek is jou vrou
en ek is so regte lewe lief vir jou.
ek LOVE dit!!!!
en ek is vreeslik lief vir jou klein krulkop kind.x
Stunning
Ja. Dit laat my tranerig.