06:56 07 February
in Rym
As die bang
om jou vou
soos ‘n skurwe stink kombers
as die moeg
deur jou murgbene klop
is dit tyd
om te bid
en die stilte uit te soek
is dit tyd om te rus
om te stop.
Jy’s briljant. Voel, stop, punt.
Lekkerste lekker om ‘n mail te kry wat se Mia het ‘n nuwe gedig gelaai! En dan lees jy dit en onthou weer hoekom jy so baie van mia se skryfwerk hou – dis vol lig en lewe, toegedraai in wysheid en netjies neergesit in ink.