14:23 03 August
in Rym
Ek het ‘n wye wentelbaan
wat sirkel om die son
herhaalde ver verbybeweeg
herhaalde naderkom
ek het ‘n rus in my reis gevind
‘n wete dat ek groei
dae van sterk en seker staan
dae van bibberbloei
ek is ‘n krummel klein planeet
maar die son is groot,
is sterk
en ons het ons eie ruimtereis
wat hoog en heilig werk.
No Comments