Verskynsel

20:50 08 January in Rym
0 Comments

Ek het lank met rugpyn saamgeleef
‘n uitroep deur my murg geweef
dit saamgesleep
my skaduwee
krom gebuk in elke tree

ek het na ‘n ruk ‘n boggel gegroei
stilgebly
voortgestoei
tot dit daardie dag
in ‘n doodspyn steek
oor my rug se kromte
oop sou breek

tot my stom verbasing
tot my groot genot
het daar baba vlerkies uitgebot
perfek gevorm
toegevou
geveerde vreemtes
ingebou

ek het mooi gaan dink
en vandag besluit:
as die naweek kom
vlieg ek Leeukop uit
want my rug was seer
en die saak was sleg
maar ‘n volmaan vlug
maak alles reg.

Search Engine

12:41 06 January in Weeskinders
0 Comments

I googled “music teacher” today
obeying this growing desire
to ring some vague bells
not only ringing
but striking them
severely
violently
repeatedly
until they cry out for mercy
church bells at a Saint’s funeral
accusations at a murderer’s trial:

incessantly
symbolically
unashamedly

I googled “music teacher” today
obeying this gnawing conviction
that the time to break the silence
is now
desperation preceding the baby’s birth
greedy wolves at a deer’s throat:

instinctively
primarily
hungrily

I googled “music teacher” today
and others will be googling soon
let‘s search
let’s find
let’s sing
let the chorus of answers ring

let’s not be bleached
by a someday sun
let us go brethren
no

let us run.

2014

11:00 02 January in Rym
1 Comment

Die ding
met ‘n leë bladsy
die ding met ‘n nuwe jaar
is die oop groot blinkwit spasie
wat mens stip in die oë staar
my inkpot
en my stempels
my prentjies, skêr, my kwas
my opgesaalde perde
bly ietwat onvanpas
as die Meester se bloudruk watermerk
as die Meester se skildery
anders lyk
en anders verf
as die kunsklas binne my

so ek bid oor my leë bladsy
en ek vryf oor die wit papier
mag die kronkels van my handewerk
op ‘n meesterstuk afstuur.

Van raakvat

16:11 05 December in Weeskinders
3 Comments

Dit was die moeilikste van tye.Ek was raadop,desperaat, en moeg. Tot in my murg in moeg. Ek het my oë toegemaak, die wêreld en sy wurggreep vir ‘n oomblik weggesluit, en in my hart na God se stem en plan gesoek.

Die volgende prentjie ontvou toe in my geestesoog:

Ek het aan ‘n tak gehang, letterlik. ‘n Dwars tak oor die rant van ‘n groot, leë, bodemlose afgrond. Die vrees in my asem en oë , en die brand in my keel en hart het bevestig dat ek in gevaar was. Lewensgevaar. My lyf het loodswaar van my vingerpunte afgehang, en my bene het geskop en smeek vir die gevoel van veiligheid.Vaste grond. Na ‘n verbete poging het my armspiere moed begin opgee en in steekpyn spasmas hul verraaier status bevestig. Die einde was naby.Onvermydelik so,maar steeds het ek instinktief bly klou. Met elke liewe greintjie van my oorlewingsdrang en menswees. “Here. Asseblief. Help!”

En toe sien ek dit raak.’n Massiewe swart albastervormige voorwerp direk voor my. Groter as ‘n berg, en baie groter as my verstaan. Dit was blink en diep en lewendig, en ek het gehipnotiseerd bly kyk en kyk sonder om te besef wat ek sien. Die prentjie het bly oopvou, en skielik het die wonderlike waarheid my in die maag geskop.

Ek het nie aan ‘n boom gehang nie, maar aan ‘n wimper.God s’n! Die tak waaraan ek so verbete vasgeklou het was toe heeltyd een van Sy wimpers, en die groot donker massa voor my was die pupil van Sy oog. Ek het gedink ek’s in doodsgevaar, maar ek was verkeerd. Wonderlik, onmoontlik,wie-sou-ooit-in-die wildste-kon-raai,verkeerd! Selfs in my diepste,donkerste oomblik van desperaatheid was ek heeltyd veilig. Baie klein in die oog van ‘n baie bewusste,baie betrokke God.Hy was té groot, en té goed, om my ooit uit sig uit te verloor. Ek was veilig.

Vrygemaak deur my vars stuk verstaan het ek my verligte vingers oopgevou.My lyf het deur die lug geval en swaartekrag het my dringend en aanhoudend af bly trek. Maar, wat enkele oomblikke terug nog ‘n doodsvonnis was,was nou ‘n heerlike, vrywillige, vryval avontuur.

God het Sy oopgevoude palm onder my ingeskuif en ek het veilig in die voue van Sy hand geland.Hy’t my opgelig tot ooghoogte en geglimlag soos wat die son Hom nie sou kon nadoen nie. Elke stukkie donker was weg.Op die horison en in my hart.

Dis al meer as 6 jaar later, maar dié spesifieke prentjie is diep in my binnekant ingebrand,en kom klop nog gereeld aan nuwe donker en desperate deure.

Ek bly ‘n boomkind
wimperhanger
God is my veilig
raakvatvanger.

Driekuns

10:12 19 November in Rym
2 Comments

Sy werksgesig was slim
sy werksgesig was sterk
sy werksgesig moes fokus
want ‘n werksgesig moet werk

sy huisgesig was kaalvoet
sy huisgesig was kind
sy huisgesig was hoopvol
soos ‘n veldbrand in die wind

maar sy hartsgesig was strak
sy hartsgesig was skeel
sy hartsgesig se hande
was heeltyd om sy keel

want ‘n man met drie gesigte
word êrens uitgevang
en die voorbode van vonnis
het hom daagliks opgehang.