Driekuns
Sy werksgesig was slim
sy werksgesig was sterk
sy werksgesig moes fokus
want ‘n werksgesig moet werk
sy huisgesig was kaalvoet
sy huisgesig was kind
sy huisgesig was hoopvol
soos ‘n veldbrand in die wind
maar sy hartsgesig was strak
sy hartsgesig was skeel
sy hartsgesig se hande
was heeltyd om sy keel
want ‘n man met drie gesigte
word êrens uitgevang
en die voorbode van vonnis
het hom daagliks opgehang.