Daars ‘n spiderman suit
in jou Ford se boot
en jou snor bespring jou wange
met jou visnet vrokkies
katrol jy bokkies
na jou pecks se sweetkloof hange
drink bier soos ‘n baas
en jou speakers raas
want jy’s basically- bevange!
En skielik
is dit somer
het die son ons ingehaal
die winter veg verbete
teen die voetpad van verdwaal
die regter spreek sy vonnis:
“vir ‘n halfjaar bly jy weg
gemorskind uit die bose
jy’s koud en nat en sleg!”
As jy dalk gedwing word
om ‘n gruweldaad te doen
soos naeltjies eet
bad in beet
of om skuurpapier te soen:
verbeel jou dis ‘n movie
en jy’s wêreldwyd bekend
(die geld vergoed glo skade
al is jy dan geskend)
Getimmer
en getoor
van agter en van voor
gevroetel
en gevryf
elke haartjie op haar lyf
‘n Mondjie soos ‘n tregter
wat ‘n klokkie-lag uitskink
met wimpers, eintlik wapens
wat ‘n sterk man kan verdrink
Daar’s Guess, Gabbana, Gucci
oor haar heuwels uitgespan
(die geldjie is die moeite werd
‘n man bly maar ‘n man)
Die Adams staan in rye
die Eva-kore sing
want ‘n vrou soos sy
bring lekkerkry
wat vir jare uit bly kring.
Die kalender kraai September
maar die son sug Switserland
my bene broei komberse
wat smeek na see en sand
die wyn proe al na water
my kat het vasgegroei
reeds lente in Johannesburg
maar die Kaapse klonkies bloei.
Ons is splinters
vlinderfyn
brose asems
korrelklein
doudruppels
oopgevlek
spinnerakke
uitgestrek
al ons woorde
flikkerflou
‘n oomblik in die hier en nou
Asem in
asem uit
‘n stippel in die ewigheid.
The great roar hatched
from a silent shell
with festered form:
unknown
unwell
The great roar bred
in a secret place
with seething scorn:
a voice
a face
The great roar stood
on flint-faced feet
malicious mind:
destroy
defeat
The great roar clawed
a saddled stay
the mind of man:
his will
his way
Then love came
uninvited
then love came as a force
then love came
and ignited
the roaring raging course
it shivered
in its burning
it smoked and then it died
and love
defeated
darkness
who stole and killed and lied.
Een deel drama
een deel dink
‘n Koppie kalm- uitgeskink
‘n Liter tyd
‘n Lepel wyn
(dit gis vinnig, hou maar klein)
Roer tot styf
voeg bidwerk by
dan ‘n beker bangjan – opgesny
In ‘n warm oond
tot die hartsklok lui
Bedien met hoop en lekkerkry.
“Studio gaan my nou weer skel”
“I hope that job-bag rots in hell!”
“Karla, kan ons vlugte skuif?”
“We need to ride the retail wave”
“Hang gou aan”
“Kyk gou hier”
“Kan ons eerder artwork more stuur?”
“We got the pitch!”
“Die man is mal”
“Iemand het die bal laat val”