Dalk
in die aand
as vandag se bang
soos ‘n silwer skim
in die swart nag hang
sal jy helder sien
hoe ‘n landskap lyk
waar die broos
en die beef
jou totaal ontwyk
dalk
as die son
weer ‘n vars dag breek
sal jy stil
in die sterk
wat jou storms kweek
Dalk.
“He think he’s Ryan Gossling
when he’s much more Kenny-G
I’m not saying he’s not handsome
but the thing is- not to me”
“She digs me
digs me deeply
I am alfa male supreme
a bad-ass and a beauty
I am every lady’s dream”
“Yeah, he’s loud
and proud and pretty
oh-so self obsessed and sure
but in thin unguarded moments
I’ve seen softness at the core.”
Elke dag het bene
wat ‘n duisend myl kan loop
elke myl het hande
wat die toekoms skeef kan knoop
elke knoop het wiele
wat die heuwels uit kan ry
daars ‘n lag en ‘n lus vir die lewe
in die landskap binne my.
In teorie
en in praktyk
kan somtyds amper eenders lyk
maar is dikwels meer
soos kat en hond:
erg teenstrydig
ongesond
Loop fynkam jou beplanning
staan die regte ding mooi sterk?
want idees het besemhandjies
wat die waarheid weg kan werk.
The dominoes are down
when it comes to you
and me
every person
every play
now flipped for all to see
strategic games are over
laughter’s days are done
the winner rests triumphant
and truth
again
has won.
Die stad dra sy stories
soos snye op ‘n wang
‘n vroeër tyd se merke
wat hierdie dag behang
Die stad spoel sy mense
op motorfietse uit
teen straatkafeetjie tafels
met middernag jolyt
Die stad hou die hawe
gemaklik op sy skoot
die see speel by sy voete
die deurgang bak sy brood.
‘n Petrol stasie
stilhou plek
vir voorraad kry
en bene rek
‘n halfweg huis
wat die langpad breek
‘n drom om vuilgoed
weg te neuk
stop met jou motor
stop in jou lyf
stop voor die pad
jou na doodsdrif dryf
stop vir die uitsig
stil nou en weet:
daar is heilige rus
vir jou uitgemeet.
Ek het ‘n
geheime jas
(ek dra dit onder my vel)
ek vou die voorkant
dubbeld toe
as die wêreld my ontstel
maar hierdie week het motte
die knope weggekou
en ek sukkel om die storms
van my hartskant weg te hou.
Jou DNA
jou aardse gene
lengte,hare
hande,bene
is deur jou diepste
ingeskryf
van ander lewens
na jou lyf
Jou geestespad
is soortgelyk
met Gods ontwerp
wat oral luik
Sy stem,Sy plan
is reeds gestip
en ons beloof:
te wys,te bid.