Gebedslys
Om hoop te hê
om hoop te hou
wat my menswees bymekaarhou
A:
Goeie suppliers met ‘n random fix
langtermyn liefde
gereelde kicks
draagbare waarheid
mense wat weet
werk wat ek regtig wil doen
foute vergewe
krag ontdek
‘n rugvryf ‘n vashou ‘n soen.
B:
Meer dinge beter
swaar dinge weg
Jesus so lig soos die son
dankbaar tevrede
‘n duidelike plan
gedoen wat my hart weet ek kon
boekverkope
beter skryf
gedeelde kuns
gesonde lyf
oorsese kuiers
geloof wat hou
‘n lekker date as my vriende trou.
C:
Gereelde buite
gekrimpte bang
kinders wat snaakse stuff aanvang
eerbare leef
om jammer te sê
verhouding wat langer as seks wil lê
die waarste ek in my dag gewees
hardop lag
lekker lees
wegkruiptyd alleen gegun
hartsmusiek
oorbegin
slim ontlonting van loodswaar goed
goeie keuses
mannemoed
om hoop te hê
om hoop te hou
wat dit alles bymekaarhou.