Wanneer
wanadministrasie
en wanbesteding
om die man op straat
se broodgeld meeding
weeg die skaal so skeef
dat ‘n reguit mens
in ons land se lei
aan onmoontlik grens
Wanneer wanopvattings
en wangedrag
eerste
tweede
en laaste lag
staan die skaal so skeef
dat ‘n moedhoumens
werklikwaar
aan waansin grens.
My ouma
was dramaties
‘n vreemde vreemde vrou
het die wêreld en sy wesens
op tippie-toon gehou
op ‘n dag roep sy haar dogter:
“Kom Elsjé, kyk nou mooi
wees versigtig vir dié bedding
ek het saadjies ingegooi”
my ma belowe plegtig
haar boetie stem ook in
sal wegbly van die blomtuin
en baie mooi besin
so twee dae na hul woorde
so twee dae na haar sê
trek ‘n stofstreep deur die bedding
dat die saadjies doeikant lê
die kinders lag baldadig
beloftes ver vergeet
wat ouma toe sou oproep
tot hul blinkbenoude sweet
my ouma was oorspronklik
‘n eksentrieke vrou
wat haar kinders en hul kronkels
in fyn gelid kon hou
sy vat my ma se teestel
sy vat my oom se pop
pak dit netjies op die stoeptrap
en breek dit – tot hul skok
my ouma was dramaties
ek sê mos dit is so!
dalk sal hierdie staaltjie help
om my dadelik te glo.
Die verliefdheid het
verskyn
soos masels op ‘n kind
en sy welbekende wêreld
in vreemdheid toegebind
die verliefdheid het
versprei
soos luise by ‘n skool
en die vrede in sy kop
in veldbrandstyl verkool
die verliefdheid het
verneder
soos vreemde siektes maak
en haar teenstand het ‘n suurheid
oor sy mannemoed gebraak
die verliefdheid het
verdwyn
soos kindersiektes doen
maar hy vryf steeds aan die merke
van sy eerste skewe soen.
Ek en Nina
het ‘n ent gaan ry
sy’t gesing oor Bojangles
en vryheid
daar was rus in die kar
en rus in my kop
te danke aan haar nabyheid
ek en Nina
het ver gery
sy’t vertel hoe haar ma kon bid
en gebieg oor die bang
vir die dood se stop
wat steeds in haar skadus sit
‘n entjie verder
het Nina gehuil:
‘n man het haar hart gewen
in ‘n oomblik van onmoontlikheid
tot slawerny gestrem
toe’t sy harder gesing
hande geklap
haar voet in ritme gestamp
en die seer het in
‘n oogwink weer
na lieflikheid verdamp
ek en Nina
het goed gery
‘n leeftyd se grond gedek
en haar lied het van
haar hart se vlam
na myne oorgelek.
In the heat of your disillusion
you wore no shoes
no shirt
and a hat
declaring: “it’s December,
and a scorching one, in fact!”
the wind
the snow
and the shudder
didn’t stop for a debate
but marched the land
in fierce command
and coldly forced your fate.
Take courage friend
take courage
grab its collar
put it on
as a coat
let it heat your heart
let its warmth
its weight
halt the tremble in your throat
Take courage friend
take courage
take courage
that God is true
in the sharp of the storm
the strike
the sin
He’s a shield
He’s a sun to you.
Jy is so
só
mooi vir my
ek wil jou op my kop sit
en dra as ‘n hoed
maar moontlik mag jy skade lei
(die hemele behoed!)
so ek pak jou
in my hartskas
vou jou knus en netjies op
my visuele lekkerny
jy’s die vere en die voël verby.