Hulp
Die by het benoud
teen die venster gesit
gezoem
gesmeek
gehoop
gebid
dat die vreemde versperring
die koud teen sy lyf
genadiglik
weer weg sou skuif
die by het gehyg
die by het probeer
om die stilte
die sterkte
se aanslag te keer
die vloer wou nie kraak nie
die vyand se mag
was meer as die som
van byekrag
die by het verstaan
die weerstand is sterk
weereens begin
en harder gewerk
gesoek
geskreeu
geskarrel
gepleit
vir ontsnapping van
sy hellestryd
die by het besef
hy’t alles probeer
‘n onsigbare oorlog
triomfeer
die vloer kan nie skuif nie
die vyand se hand
weeg swaarder in
as byeverstand
toe stap ek verby
en maak dit oop
sommer so in die verbyloop.