Stroom

06:57 03 July in Rym
1 Comment

​In die middel van die oopte

in die veld

in die vlak

waar die son en sy brand oor die aarde bak

op die plat van die klippe

sit ‘n akkedis

onwetend dat dit somer is

 

in die hang van die hemel

in die oop

in die blou

waar die uitkyk wyd oor die aarde vou

in die stroom van die wind

dryf ‘n arendsveer

onwetend dat hy terug sal keer

 

na die trek van die aarde

die die val van die vloer

waar die in

en die uit

van ons asems roer

na die glip van seisoene

wat onbewus

aan groter reëls gebonde is.

Volgende Inskrywing
Vorige Inskrywing
Mia Smit

Mia Smit

meerkatkind@gmail.com
1Comment
  • Anonymous 08:47h, 03 October Reply

    …vir een of ander rede maak my rekenaar die gedig van jou oop, sonder dat ek eers in e.mail was…
    en ek lees dit ‘vir die 1e keer’ – en hoe beautiful die gedagte van God se grootheid, se dra, se seisoene.
    Shu, mag alles en almal se harte terugkeer na die Skepper God.

Post A Comment