Teetyd

06:02 30 November in Rym
1 Comment

Berei jou brein soos ‘n koppie tee

tot al die dele bots

en jou blaarwerk deur die kokendheid

aromas uit kom klots

 

laat staan die dink om goed te trek

gee hitte,  gee ook tyd

skep die stokkies en die sakkie

voor die laaste skinkslag uit

 

pak ‘n skinkbord van verwagting

werk versigtig met die pot

gooi jou kopwerk in die ooptes

vir verkwikking vir genot

 

drink tevrede

sit ontspanne

kyk die diere kyk die dag

en more weer die dorsheid:

‘n nuwe teemaakslag.

 

 

Volgende Inskrywing
Vorige Inskrywing
Mia Smit

Mia Smit

meerkatkind@gmail.com
1Comment
  • stellie 18:27h, 01 December Reply

    ‘n Ware tee liefhebber wat elke middag die tee maak ritueel volg…waardeer hierdie een 110%! Dankie vir nog ‘n lekker kry.
    xx

Post A Comment