Tuin

09:39 05 October in Rym
3 Comments

En toe het daar ‘n binneblom

uit my hart se hoop gebind

sy pad as saad

in mikromaat

na my lendelyf gevind

 

en daar het hy ‘n wortelloot

in my kweekhuis uitgeskiet

sy lyf gestrek

hom uit kom rek

in my eva’s grondgebied

 

en nou is ek ‘n bedding

word uitgespit, geploeg

my hart is hoog en hoopvol

my lyfie worstelwroeg

 

en die blom groei sterk en stadig

maar sy reuk is reeds só soet

en sy mamma wag geduldig

om haar grootseun te ontmoet.

Volgende Inskrywing
Vorige Inskrywing
Mia Smit

Mia Smit

meerkatkind@gmail.com
3 Comments
  • Avatar
    Lizelle 12:25h, 05 October Reply

    Wat ‘n voorreg om jou hart in woorde te sien. Die seun het reeds ‘n knus omgewing om in te groei en ontwikkel met jou as ma. <3

  • Avatar
    Anonymous 21:02h, 07 October Reply

    Awh, hoe pragtig beskryf….!!!

  • Avatar
    Martin 19:29h, 23 October Reply

    Wat n voorreg om jou my vrou te noem! Ek het jou en jou pragtige woorde diep lief.

Post A Comment