10:51 20 August
in Rym
‘n Saad
kan homself
nie ontkiem nie
‘n saad
is so dood
soos beton
maar ‘n saad
hou die kode van oorvloed
‘n grootheid
‘n godheid in hom
‘n Saad
hoef homself
nooit te vrees nie
die doodsheid
lok lewe
bring vrug
die Saaier se hand
bring die asem
die wonder
die water
die lig.
hong kongspiration – well done. enjoy
Oooo, hoe baie hou ek hiervan…dis n hele boek vol waarhede opgesluit in n paar weldeurdagde woorde….en ek love die nuwe idees rondom saad aan jo geopenbaar…!!!