06:40 07 January
in Rym
Besluite pak soos wolke saam
kleur donkerder met tyd
tot die opgaarsel ter aarde spat
in wilde bliksemstryd
geheime sak in druppels af
eers saggies
suutjies
stil
vergader dan in strome saam
wat kronkel en wat krul
en êrens in die siklus
van vryval en verdamp
waar die wonder van beweeglikheid
verspoel
verskyn
verkramp
is ons almal meestal water
al het sommige gevries
party is vormwerend
party is vasgekies.
No Comments